Metsimaholo-munisipaliteit in rou na bekende raadslid se afsterwe

March 26, 2018

SASOLBURG - Die Demokratiese Alliansie het sy skok uitgespreek oor die skielike dood van ʼn raadslid in die Sasolburg-area. Die party se leier in die provinsie, Patricia Kopane, sê die raadslid vir Wyk 18, Luigi Gaigher, is die naweek oorlede ná ‘n ongeluk op die R82 tussen Koppies en Sasolburg.
Gaigher is Saterdagoggend dood toe die motor waarin hy gereis het, vermoedelik met ‘n ander motor gebots het. Gaigher en sy kollega van die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit, Kamohelo Thulo, was op pad na ‘n vergadering in Bloemfontein toe die ongeluk plaasgevind het. Thulo het kritieke beserings opgedoen en is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg, Gauteng, gevlieg vir verdere mediese sorg. Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, dr. Gino Alberts, het Saterdag die voorval bevestig en Gaigher as ‘n lojale en toegewyde leier beskryf. 
FOTO: (Vaalweekblad) 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags