Twee tienerseuns in ernstige ongeluk na plesierrit in Vanderbijlpark

March 26, 2018

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê twee tienerseuns is die naweek in ‘n enrstige ongeluk op ‘n grondpad in die Ardenwold area van Vanderbijlpark beseer. Netcare911 se woordvoerder, Nick Dollman, sê hulle paramedici het omstreeks 15:15 Saterdagmiddag op die toneel gekom. Dollman sê dit wil voorkom of die 14-jarige seuns na bewering op ‘n plesierrit was toe die voertuig waarin hulle gery het op die Tucker-grondpad omgeslaan en verskeie kere gerol het. Hy sê een van die seuns is uit die voertuig geslinger. Netcare911 se paramedici het een van die seuns in ‘n kritieke toestand gevind. Hy is aan ‘n ventilator gekoppel en gestabiliseer voordat hy per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir die dringende sorg wat hy benodig het. Die ander 14-jarige het relatief geringe beserings opgedoen en is per ambulans na ‘n hospitaal vir verdere sorg geneem. Dollman sê die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.
FOTOS: (Netcare911)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags