Vaaldriehoekers met skuld gaan effens minder betaal na rentekoersverlaging

March 28, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander verbruikers sal van 1 April af effens meer geld in hul bankrekening oorhê nadat skuldpaaiemente afgetrek is. Dit is danksy ’n verlaging van 0,25 van ’n persentasiepunt in die koers waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke leen, die repokoers. Die Reserwebank het vanmiddag aangekondig dat rentekoerse met 25 basispunte verlaag word. Die terugkoopkoers verlaag nou na 6,5 persent en die prima-uitleenkoers tot tien persent. Dit is die eerste verlagting sedert Julie verlede jaar. Die president van die sentrale bank, Lesetja Kganyago, skryf dit toe aan verbeterde inflasie-vooruitsigte. Kganyago sê die styging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan inflasie met nagenoeg 0,6 van ’n persentasiepunt laat styg. Die bank sê hy probeer verby die korttermynuitwerking van die BTW-verhoging kyk omdat hy ’n langtermynhorison het.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags