Ekonoom waarsku administratiewe koste gaan verbruikers hard slaan

April 4, 2018

VAALDRIEHOEK - Die ekonoom Dawie Roodt waarsku dat administratiewe kostes wat grootliks deur die regering bepaal word, verbruikers hard gaan tref. Die hoofekonoom van die Efficient Groep sê volgens Maroela Media dat administratiewe kostes, wat belastings soos BTW en suikerbelasting insluit, die ekonomie onder druk sal plaas. Hy sê veral vervoerkostes styg en dit sal noodsaaklike produkte se pryse laat opgaan. BTW styg met 1%, suikerbelasting word op onder andere gaskoeldranke ingestel, die brandstofprys het gisteraand met ongeveer 70 sent per liter gestyg en tolgelde het ook opgegaan. Roodt meen dat die enigste verligting – verlede maand se rentekoersverlaging – nie noodwendig uitkoms bied nie. Volgens die berig is daar egter goeie nuus met Shoprite se aankondiging dat hy vir eers die BTW-verhoging self op ongeveer 24 000 produkte gaan absorbeer. Makro en Massmart het aangekondig dat die oorgang in die BTW-koers sonder voorval beloop het.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags