47-jarige man sak inmekaar langs die R59 naby Redan

April 9, 2018

VAALDRIEHOEK - Paramedici sê ‘n 47-jarige man moes dringend gehelp word nadat hy die naweek langs die R59 naby Redan stilgehou en inmekaar gesak het. ER24 se Ineke van Huyssteen sê die man het glo siek gevoel, langs die pad stilgehou en uit die voertuig geklim voordat hy inmekaar gesak het. Van Huyssteen sê hulle paramedici het net na 17:00 Saterdagmiddag op die toneel gekom na hulle ‘n oproep van ‘n brandbestryder, wat nie aan diens was nie, ontvang het. Sy sê die man het nie gerageer nie en paramedici het dadelik begin om kardiopulmonêre resussitasie uit te voer en met gevorderde lewensondersteuningsmiddels in te gryp. Na 12 minute kon paramedici daarin slaag om die man weer by te bring. Hy is in ‘n kritieke toestand na Mediclinic Vereeniging vir verdere mediese behandeling geneem. Dit is steeds onduidelik wat daartoe gelei het dat die man inmekaar gesak het. Volgens jongste berigte was hy steeds kritiek in die hospitaal.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags