Meer as 50 mense sterf op Gautengse paaie oor die langnaweek

May 2, 2018

VAALDRIEHOEK - Gedurende die langnaweek wat Donderdag begin het, is 51 mense op paaie in Gauteng dood. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane, het haar kommer uitgespreek oor die hoë sterftesyfer. Die slagoffers sluit 22 voetgangers, 15 passasiers en elf voertuigbestuurders in. Volgens die departement is die ongelukke te wyte aan spoed, onpadwaardige voertuie en padreëls wat verontagsaam word. Die departement sê die provinsie sal voortgaan met veldtogte om motoriste bewus te maak van hulle verantwoordelikhede op die paaie. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags