Vigilante moordverhoor hervat vandag in Parys

PARYS - Die rondgaande hof in Parys hoor vandag weer die saak van ses mans aan wat aangekla word van die sogenaamde vigilante moorde in die area. Die ses beskuldigdes staan tereg op aanklagte dat hulle twee vermeende plaasaanvallers, Sameul Tjixa en Simon Jubeba, op 6 Januarie 2016 na ’n mislukte plaasaanval doodgeslaan het. Die ses – Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren – sal na verwagting volgens Netwerk24 oor die volgende paar weke getuig oor die gebeure die dag. Die meeste van die staat se getuies het reeds in hofverrigtinge in Mei en November verlede jaar getuig. Verskeie polisielede, mediese dokters, patoloë en ander mediese werkers het oor die aard van die twee mans se beserings getuig. Die beskuldigdes word deur Kobus Burger, Hannes Grimbeek en Gideon Mandelstam verteenwoordig terwyl Regter Corné van Zyl die saak aanhoor en advokate Jabulani Mlotshwa en Sandile Mthethwa aankla.
FOTO: (Alet van der Walt - Die ses beskuldigdes)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags