ArcelorMittalSA staalverkope daal in eerste kwartaal van 2018

May 11, 2018

VAALDRIEHOEK - Staalreus ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) sê sy staalverkope vir die eerste kwartaal van 2018 het met 2% teenoor ’n jaar gelede gedaal. Amsa sê vandag op die JSE se nuusdiens, Sens, dié afname was hoofsaaklik weens laer aanvraag na platprodukte, wat hoofsaaklik in konstruksie gebruik word. Netwerk24 berig Amsa sê hoewel invoer van primêre staalprodukte gedurende die kwartaal met 20% teenoor ’n jaar tevore gedaal het, het invoer van gegalvaniseerde produkte – wat met sy produkte meeding – in dié tyd met 14% toegeneem. Amsa het wel 33,2% meer staal uitgevoer. Die staalreus het voorheen by navraag gesê hy is nie bekommerd dat nuwe tariewe op staaluitvoer na die VSA hom baie gaan benadeel nie omdat hy minder as 2% van sy totale verkope van 4 miljoen ton staal in 2017 na die VSA uitgevoer het.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags