Een beseer in Vaalpark ongeluk

May 25, 2018

VAALPARK - ‘n 48-jarige man was Woensdag beseer tydens ‘n ongeluk tussen ʼn ligte motor voertuig en ʼn bakkie in Vaalpark. Met Netcare 911 paramedici se aankoms by die toneel is beide voertuie aan die kant van die pad gevind. Een persoon was in een van die voertuigwrakke vasgekeer en met behulp van brandweermanne bevry. Die man is op die toneel vir sy beserings behandel voor hy vir verdere mediese sorg hospitaal toe geneem is. Die twee insittendes van die bakkie het geringe beserings opgedoen. Die omstandighede ronodm die ongeluk is nog onbekend, maar die voorval word ondersoek.
FOTO: (Netcare911)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags