Streng reëls en regulasies op die horison vir skoolhoofde en onderwysers

June 4, 2018

VAALDRIEHOEK - Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het ʼn beroep op nuutverkose skoolbeheerliggame gedoen om die beste moontlike skoolhoofde en onderwysers aan te stel om gehalte onderwys in die provinsie te bevorder. Lesufi sê die beheerliggame moet onderwysers uitken wat die afgelope drie jaar nie ʼn slaagsyfer van 70 persent kon handhaaf nie en die departement se hulp inroep.Hy het aan `n beraad van beheerliggame in Randburg gesê onderwysers wat swak vaar, sal verwyder word. Volgens hom is dit belangrik dat skole die regte onderwysers met die regte kwalifikasie aanstel. Lesufi sê van elke tien skoolhoofde wat vir goedkeuring aan sy departement voorgelê word, is sewe nie geskik om as skoolhoofde om te tree nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags