VFPlus sê Gauteng-regering moet nou oop kaarte speel oor Emfuleni-krisis

June 5, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront-Plus sê die skielike bedanking van Emfuleni se burgemeester, Jacob Khawe, skaars maande nadat die ANC hom as burgemeester aangestel het, dui op diepliggende probleme in dié munisipaliteit. Die VF Plus sê hy het die premier, David Makhura, reeds op 12 April vanjaar versoek om by die Emfuleni-krisis in te gryp, aangesien dit besig was om hand uit te ruk.VF Plus Wetgewerlid in Gauteng Philip van Staden, sê Emfuleni was tóé reeds in algehele wanorde gedompel weens agterstallige rekeninge wat die munisipaliteit nie kon betaal nie. Die VF Plus het op 4 Mei vanjaar met die LUR oor die krisis gesprekke gevoer. Die VF Plus verwelkom dit dat die munisipaliteit onder semi-administrasie geplaas word maar vra dat dit korrek hanteer moet word. Van Staden sê die herstelplan moet verseker dat die munisipaliteit sy plig gaan nakom om basiese dienste aan inwoners te lewer en om Eskom en Rand Water te betaal vir hul dienste.
FOTO: (VF Plus)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags