Sasol Solidariteit werkers gaan moontlik staak

June 15, 2018

SASOLBURG - Die vakbond Solidariteit en die nywerheidsreus Sasol kon nie gister tydens hul bemiddelingsessie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn ooreenkoms bereik oor Sasol se omstrede bemagtigingskema, Khanyisa, nie. Die KVBA het gevolglik n sertifikaat aan Solidariteit toegestaan wat sy lede in staat stel om wettig te staak. Dit volg nadat Sasol aan die einde van verlede jaar bekendgemaak het dat sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, vervang gaan word met dié bemagtigingskema wat wit werknemers merendeels uitsluit. Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het die vakbond in sy dispuut by die KVBA aangevoer dat wit werknemers mag staak om soortgelyke voordele te bekom en het ʼn reuse-oorwinning behaal toe die KVBA op 28 Mei bevind het dat Solidariteit se dispuut as ʼn saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer moet word en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags