Sowat 80 plakkers probeer vragmotor met bier op die R59 kaap

June 18, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek motoriste is gemaan om die R59 naby Meyerton in Midvaal te vermy weens betogings. Inwoners van die informele woonbuurt Sicelo versper die hoofweg en gooi klippe na voertuie. 'n Vragmotor van 'n bierbrouery is deur sowat 80 inwoners aangeval en die vrag is gesteel. Die vragmotor was op pad na Vereeniging toe die mense daarop afgestorm het. Die bestuurder het oor die middelman in die teenoorgestelde rigting probeer wegkom, maar die mense het die sleutels uitgeruk. Corné Heymans van Midvaal-veiligheidsdienste sê die polisie was feitlik onmiddellik op die toneel en het die mense verjaag. Volgens ander berigte het die polisie het rubberkoeëls op die groep geskiet en hulle het padgegee. Heymans sê volgens Netwerk24 die groep misdadigers kom saans teen 19:00 by die R59 bymekaar en begin dan om dinge te plunder. Volgens hom het die owerheid die pad probeer oopstel, maar gemoedere het weer opgevlam en dit moes weer toegemaak word. Hy sê die polisie se openbare-orde-eenheid van Potchefstroom is na die toneel om die gebied te help beveilig. Hy meen dit is nie Suid-Afrikaners wat vir hierdie ontwrigting verantwoordelik is nie, maar buitelanders wat hulle in Sicelo gevestig het en plunder omdat hulle nêrens werk kry nie.
FOTOS: (Twitter; Netwerk24)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags