Tehuis vir verwerpte babas open in Vaalpark

June 21, 2018

VAALPARK - ʼn Veilige hawe vir babas wat verwerp word deur hul ouers word aankomende maand oopgemaak in Vaalpark. Angel Wings sal die Vaaldriehoek se eerste nie-winsgewende organisasie wees vir verwerpte babas. Een van die stigters van die tehuis, Rykie Pretorius, sê die tehuis is onlangs geregistreer by die departement van sosiale ontwikkelinge. Pretorius sê die huis is geakkrediteer vir 9 babas vir die ouderdomme van 0 tot 3 maande waar die babas versorg sal word totdat aannemings prosesse deurgaan. Die tehuis sal ook tydelike huisvesting voorsien aan kleuters tot en met die ouderdom van 5 jaar totdat die kinders ʼn meer permanente huisvesting kry. Ouers wat anoniem hulle kinders by die huis wil afgee kan gebruik maak van die ‘baby hatch’. Die ‘baby hatch’ is ʼn bokstoestel in die muur wat werk met sensors om die personeel bewus te maak dat daar ʼn baba is. Die organisasie sal afhanklik wees van befondsing deur middel van skenkings. Die tehuis open sy deure op 7 Julie in 42 Matroosberg straat in Vaalpark.
FOTO: (Angel Wings)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags