Sassa-begunstigdes staan tou vir maatskaplike toelaes

July 4, 2018

VAALDRIEHOEK - Begunstigdes van maatskaplike toelaes wat hul geld by OTM's trek, gaan dalk 'n bietjie langer moet wag om toegang te verkry. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het verseker dat diegene wat probleme ondervind met elektroniese betalings binne die volgende paar dae ten volle betaal sal word. SASSA se waarnemende uitvoerende hoof, Abraham Mahlangu, sê die probleme is as gevolg van die verandering in die betaalstelsel vir maatskaplike toelaes. Hy sê Sassa en die Poskantoor werk onvermoeid om 'n oplossing vir die probleem te vind en te verseker dat alle dienste in die kortste moontlike tyd herstel word. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags