Kommer oor toename in renoster stropery

July 9, 2018

VAALDRIEHOEK - Die onlangse toename in stropery-insidente dra by tot die groeiende bekommernis oor die uitsterwing van renosters. Volgens die bewaringsgroep, Save The Rhino, het stropery-insidente in Suid-Afrika in die afgelope jare drasties toegeneem, met ‘n verstommende 1 215 voorvalle in 2014 wat ʼn steil toename is aangesien slegs 13 renosters net sewe jaar voor dit in 2007 doodgemaak is. Die getalle het al afgeneem, maar bly hoog, aangesien verlede jaar 1 028 insidente van renosterstropery aangeteken is. Altesaam 7 000 renosters is in die afgelope tien jaar in Suid-Afrika doodgemaak. Onlangs is ‘n nuwe Rhino Coin van stapel gestuur in Suid-Afrika om anti-stroper-inisiatiewe te finansier.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags