Binnelandse Sake laat vaar die vereiste vir onverkorte geboorte-sertifikate

July 13, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek ouers wat met hulle kinders na ander lande wil reis, kan dit nou met baie meer gemak doen, danksy Binnelandse Sake se nuutste aanpassings. Die toerisme-bedryf het die nuus verwelkom dat dit voortaan makliker gaan wees vir toeriste om met minderjarige te reis omdat besonderhede van Suid-Afrikaanse ouers nou op kinderpaspoorte aangebring sal word. Binnelandse Sake laat vaar die vereiste dat kinders se onverkorte geboortesertifikaat getoon moet word, maar sê dit sal nie noodwendig sekerheid in gedrang bring nie. Die departement beweeg ook in die rigting van ‘n papierlose proses vir die registrasie van geboortes, huwelike en sterftes.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags