Vaderskapverslag toon tendens van afwesigheid van pa’s in SA kinders se lewens

July 13, 2018

VAALDRIEHOEK - ’n Onlangse verslag oor vaderskap toon ma’s en oumas in Suid-Afrika maak kinders groot, terwyl pa’s onbetrokke is op verskeie vlakke. Volgens die eerste verslag oor vaderskap deur Sonke Gender Justice en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), word net 35% van kinders in Suid-Afrika word groot met hul biologiese pa in dieselfde huis. Netwerk24 berig die verslag onderskei tussen afwesige pa’s – wat nie betrokke in hul kinders se lewe is nie, en die wat nie by hulle in dieselfde huis woon nie. Volgens die verslag is die afwesigheid van pa’s in die lewe van hul kinders, hetsy emosioneel of fisiek, negatief vir die kinders. Meisies wat met ’n aanwesige en betrokke pa grootword het beter selfvertroue en vorm beter en makliker verhoudings later in die lewe. Seuns wat ’n onbetrokke of afwesige pa het, is geneig om “hiper-manlike gedrag te toon wat aggressie insluit”. Gegewe die vlakke van geweld teen kinders, gesinsgeweld en geweld teen intieme lewensmaats is ‘n liefhebbende kerngesin nie haalbaar vir almal nie. Daar is verder ’n verband tussen ’n lae inkomste en ’n afwesige pa – hoe armer die huishouding is, hoe meer kinders bly net by slegs die ma. Volgens die verslag versuim al meer mans met opset om onderhoud te betaal, en distansieer hulself dan van die vrou en kinders. Die navorsers het klem daarop gelê dat die verslag nie die patriargale kernfamilie voorstaan waar die pa die “hoof van die huis” is nie, maar ’n gelyke huishouding.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags