MTN verhoog die prys van WhatsApp-data

July 17, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners wat MTN as hul selfoonnetwerk gebruik, betaal van vandag af R20 meer vir ‘n WhatsApp-databondel. MTN het vandag aangekondig hy moet noodgedwonge die prys van sy uiters gewilde WhatsApp-databondel van R10 tot R30 opstoot. Die diensverskaffer het die nuwe databondel in April bekend gestel waarvolgens kliënte 1 gigagreep data kry wat geldig is vir 30 dae om vir WhatsApp te gebruik. Volgens Netwerk24 sê MTN in 'n verklaring miljoene Suid-Afrikaners het die pakker oor die afgelope paar maande gekoop. Die onvoorsiene gevolg was volgens MTN dat sy 3G-netwerk oorlaai is deur die toename in verkeer. As deel van ’n oplossing gaan die diensverskaffer ’n verdere R200 miljoen belê in die opgradering van sy 3G-netwerk om die 300% toename in verkeer te hanteer.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags