Vakbondleiers vergader vandag met Eskom oor sy salarisaanbod

July 17, 2018

VAALDRIEHOEK - Eskom sê hy vergader vandag met vakbondleiers vir terugvoer oor die kragvoorsiener se salarisaanbod. Eskom se woordvoerder, Kulu Phasiwe, sê Eskom hoop dat die vakbonde Solidariteit, NUM en Numsa positiewe terugvoer sal gee nadat hulle met hul lede beraadslaag het. Die partye onderhandel die afgelope twee maande oor salarisse. Phasiwe sê in een of ander stadium moet hulle ooreenkom of kyk of hulle na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie moet gaan. Die vakbonde het vroeër ’n gesamentlike verklaring uitgereik dat hulle met minister van finansies, Nhlanhla Nene, en minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sowel as die Eskom direksie oor die saak wil vergader. Eskom het aanvanklik geen salarisverhoging aangebied nie weens sy moeilike finansiële stand. Die vakbonde het egter kortliks gestaak voordat Gordhan tussenbeide getree het. Eskom se jongste aanbod is ’n verhoging van 7,5% vanjaar met 6,5% en 6,25% in onderskeidelik 2019 en 2020. - Fin24
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags