Hoërskool Overvaal wen saak teen Gauteng onderwysdepartement

July 27, 2018

VAAL DRIEHOEK - AfriForum verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing in die saak tussen die Gautengse onderwysdepartement en die Hoërskool Overvaal se beheerliggaam, naamlik dat die onderwysdepartement se aansoek om appèl met koste verwerp word. Dié uitspraak volg nadat die Noord-Gautengse hoë hof in Januarie vanjaar beslis het dat die skool ’n enkelmedium Afrikaanse skool mag bly, nadat die onderwysdepartement dit probeer dwing het om parallelmedium onderrig aan te bied, deur leerlinge te aanvaar wat in Engels onderrig wou word. Die Konstitusionele Hof-uitspraak berus daarop dat die departement nie voldoende oorweging aan die beskikbare kapasiteit van twee naburige enkelmedium- Engelse skole, Phoenix High School en General Smuts High School, gegee het nie. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, bevestig die uitspraak die reg van skole se beheerliggame om oor kwessies soos die skool se taalbeleid te beslis, asook die bestaansreg van enkelmedium Afrikaanse skole.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags