Studie toon mans onder 30 jaar maak meeste ongelukke

August 1, 2018

VAALDRIEHOEK - ‘n Studie toon dat padongelukke in Suid-Afrika in 80% van die gevalle aan menslike foute toegeskryf kan word, en dat 78% van die bestuurders mans was. Die studie wat vandag in die South African Journal of Science gepubliseer is deur kenners aan die Noordwes-Universiteit, is in 2015 gedoen. In hierdie jaar het 12 944 mense in 10 613 ongelukke gesterf en dit het die land R142 miljard gekos. ’n Groot persentasie van die oorledenes was mans onder 30 jaar. Netwerk24 berig van die 12 944 sterfgevalle was 27% bestuurders, 32,8% passasiers, 37,7% voetgangers en 2,5% fietsryers. Van die bestuurders was 78% mans, waarvan twee derdes jonger as 30 jaar was. Dit steun ander navorsing dat jong mans meer risiko’s neem en té laat rem. In die studie is ook bevind dat 16% van die voetgangers, kinders onder 10 jaar oud was. Die navorsers sê bewusmakingsveldtogte oor padveiligheid is nie genoeg nie. Die navorsers sê daar is ’n openbare opvatting dat minibusse onveilig is, maar daar is meer as ’n miljoen onpadwaardige en ongelisensieerde voertuie op die paaie. Die meeste ongelukke is oor naweke, wat die gevaarlikste tye op die paaie is. Desember is die maand waarin die meeste ongelukke voorkom. Die meeste voertuie wat in ongelukke betrokke was, was motors, gevolg deur bakkies, en dan minibusse.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags