Herstelwerk aan Sebokeng-rioolaanleg begin

August 1, 2018

VAALDRIEHOEK - Herstelwerk aan die Sebokeng-rioolaanleg het Maandag begin. Netwerk24 berig dat sowat 80% van die rioolvuil wat in die Vaalrivier stroom kom vanaf die Sebokeng rioolaanleg wat alreeds twee maande stilstaan weens sabotasie. Volgens Netwerk24 het die minister van water en sanitasie, Gugile Nkwinti en die LUR van die Gautengse departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Dikgang Uhuru Moiloa, Maandag die aanleg besoek en met die gemeenskapslede wat die rioolaanleg se toegangsroete versper het ʼn ooreenkoms bereik. Die koste van die herstelwerk gaan meer as R10 miljoen beloop en gaan na verwagting sowat twee maande duur voordat die rioolaanleg weer ten volle herstel is. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags