Ses mense beseer in Vanderbijlpark ongeluk

August 2, 2018

VAALDRIEHOEK - Paramedici sê ses mense is gisteraand beseer nadat twee voertuie op die hoek van Frikkie Meyer en Delfos blvd in Vanderbijlpark gebots het. ER24-woordvoerder, Ineke van Huyssteen, sê toe paramedici kort voor 19h30 op die toneel aankom, het pasiënte op die toneel rondgeloop. Een persoon het ernstige beserings opgedoen terwyl die ander vir matige beserings behandel is. Sy sê die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend. 
FOTO: (ER24)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags