Vaal ouers gemaan om te let op SMS van onderwysdepartement oor 2019 plasings

August 7, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek ouers wat volgende jaar hul kinders in Graad 1 of Graad 8 in 'n Gautengse skool wil plaas, moet let op 'n SMS van die Gautengse departement van onderwys binnekort. Die departement sê dat die plasing van aanlyn toelatings tot skole op dreef is. Woordvoerder Steve Mabona sê die Gautengse departement van onderwys het Vrydag begin om leerlinge te plaas. Dit beteken dat alle ouers wat om toelating vir volgende jaar vir gr. 1- en gr. 8-leerlinge in die aansoektydperk van 16 April tot 28 Mei aansoek gedoen het aanbiedings vir plasings via SMS sal ontvang. Hy sê ouers moet die departement se webwerf, gdeadmissions.gov.za, besoek om plasings binne sewe werkdae te aanvaar of te verwerp. Wanneer die aanmeldnaam en toelatingswoord verlore gegaan het, moet ouers die inbelsentrum bel by 0800 000 789 om gehelp te word of die naaste distrikskantoor besoek.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags