Chaos in Heilbron is die ANC se skuld - VF Plus

August 21, 2018

HEILBRON - Die Vryheidsfront Plus sê skade weens betogings en onrus op Heilbron in die Vrystaat moet voor die deur van die ANC gelê word. Die party se Phillip van der Merwe sê skade aan munisipale geboue en privaat-eiendom kan nooit geregverdig word nie, maar die ANC bly die mense van Suid-Afrika se grootste vyand met sy gebrek aan dienslewering in die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit. Heilbron is verlede week in chaos gedompel toe ontevrede inwoners eiendom begin plunder het. Hulle is glo ongelukkig omdat Heilbron-inwoners nie, soos werkers van Parys, in poste in die munisipaliteit aangestel word nie. Van der Merwe sê die ANC gee doodeenvoudig nie om vir plaaslike gemeenskappe nie.

FOTO: (Verskaf) 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags