Eskom sê hy gaan Vrydag krag na Emfuleni weens wanbetaling afsny

August 21, 2018

VAALDRIEHOEK - Eskom het op sy webblad gesê hy gaan Vrydag Vereeniging, Vanderbijlpark, Sebokeng, Boipatong, Tshepiso, Sharpeville en Evaton se krag weens wanbetaling afsny. Volgens Eskom maak Emfuleni geen of min oorbetalings aan hom. Daarom gaan die Emerald Resort & Casino en sakelui van die Golden Triangle Chamber of Commerce volgens berigte die hooggeregshof nader om te keer dat Eskom die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng se krag Vrydag weens wanbetaling afsny. Netwerk24 berig dit kom nadat die staalreus Cape Gate vroeër vandeesmaand ’n soortgelyke aansoek by die hof ingedien het. Direkteur van die Emerald Resort & Casino, Mark Hands, het volgens die berig gister in ’n verklaring gesê die groep het besluit om die aansoek te bring omdat hulle meen Eskom se besluit is “ongrondwetlik, onwettig, irrasioneel en onredelik”. In die hofstukke vra die Emerald-casino en ander sakelui van Emfuleni dat dit moontlik gemaak moet word vir eindverbruikers om Eskom direk vir krag te betaal. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags