VF Plus bekommerd oor voorval by Laerskool Unitaspark

August 29, 2018

VEREENIGING - Die Vryheidsfront Plus sê die ontstellende video wat op tans op sosiale media versprei word wat wys hoe ‘n skoolmeisie van Laerskool Unitaspark in Vereeniging aangerand word, is kommerwekkend. Volgens die VF Plus is die saak slegs na die beheerliggaam en die departement van onderwys verwys. VF Plus-onderleier in Gauteng, Kobus Hoffman, sê die beheerliggaam van Laerskool Unitaspark skuif die blaam en sê die voorval het buite skooltyd gebeur en daarom kan die skool nie verantwoordelik gehou word nie. Volgens Hoffman is die oorsaak van die voorval as gevolg van sê die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se polariserende uitsprake. Hoffman sê die VF Plus is van mening dat die afbreek van wedersydse respek en haatspraak deur politieke leiers oor spoel na leerders en gemeenskappe. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags