Waterwetenskaplike maan inwoners om amptenare hof toe te neem oor rivierbesoedeling

August 29, 2018

PARYS - ‘n Waterwetenskaplike wat by ’n vergadering van die nuwe Vaal Aksiegroep (VAG) in Parys in die Noord-Vrystaat gepraat het, sê een van die grootse gevare van erg besoedelde riviere is die giftige alge wat daarop groei en die invloed wat dit op menslike gesondheid het. Dr. Anthony Turton, sê volgens Netwerk24 die gifgasse wat dit afgee, kan mense se senuweestelsels aantas en Alzheimer en Parkinson se siekte veroorsaak. Hy het gesê hy moet hierdie kwessie uitlig omdat dit relevant is tot Suid-Afrika, waar sowat 5 miljard liter rioolafval daagliks geproduseer word. Nét 14% hiervan word gesuiwer. Die res beland net so, ongesuiwer, in die land se riviere. Turton het gesê die Vaal- en Oranjerivier onderhou 60% van Suid-Afrika se ekonomie. Hy het gewaarsku as die rivier onomkeerbaar besoedel is, dit die ekonomie van die land op sy knieë kan dwing. Hy het gemeenskapslede wat Saterdag by die vergadering was, aangemoedig om met ’n klasaksie teen die minister van water en sanitasie en munisipale amptenare te begin. Turton het gesê hy werk tans saam met Water Shortage South Africa (WSSA) en het onlangs met die projek Operation Water Lion begin. Met dié projek wil Turton en WSSA die beginsel van samewerkende regering in die konstitusionele hof laat toets en ook hoë amptenare en ministers van die oortreding van die Nasionale Waterwet laat aankla en hof toe neem.
FOTOS: (Mail & Guardian - Delwyn Verasamy)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags