Vyf beseer na bakkie ongeluk op die R59 buite Parys

September 7, 2018

PARYS - Vyf mense is vanoggend beseer, waarvan drie kritiek, na twee bakkies op die R59 buite Parys, Vrystaat, in ‘n botsing betrokke was. ER24 paramedici en ander nooddienste het beide bakkies met hulle aankoms op die toneel aan die kant van die pad gevind. Drie mans het verskeie beserings opgedoen en was in ‘n kritieke toestand in hulle voertuie vasgekeer. Brand-en-reddingsdienste moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die mans uit die voertuig te bevry. Hulle is op die toneel vir hulle beserings behandel, waarna een van die kritiek beseerde mans met ‘n private mediese helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is. Twee ander mans het matige beserings opgedoen en is per ambulans na die hospitaal geneem. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
FOTO: (ER24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags