Die AA sê veral die landboubedryf kan deurloop indien brandstof skerp styg

September 14, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Outomobiel-Assosiasie (AA) sê veral die landboubedryf gaan hard geslaan word deur die skerp styging in die dieselprys in Oktober. Volgens gister se syfers wat die Sentrale Energiefonds uitgereik het, kan diesel nou reeds R1,38 per liter duurder word en petrol R1,12 per liter. Die organisasie glo boere en landbou-ondernemings wat op die oomblik net-net oorleef, staar die risiko in die gesig om dalk onder te gaan. Die AA sê die groot styging kan kom danksy die styging in internasionale oliepryse en ’n enorme verswakking van die rand teenoor die dollar. Die AA sê om dit in perspektief te stel, moet ’n mens besef petrol gaan 20% duurder wees as in Januarie. Die AA sê hoewel hulle regtig hoop die prentjie verbeter voor maandeinde, doen hulle weer ’n beroep op die regering om dringend die beleid en strukturele probleme aan te pak wat motoriste blootstel weens randswakheid.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags