Hittegolf tref Gauteng

September 17, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek inwoners en ander Suid-Afrikaners moet hulleself staal vir ʼn hittegolf die week. Die noordelike deel van die land sal tot Woensdag 'n hittegolf ervaar met temperature wat die kwik vandag reeds op plekke tot tussen 30 en 40 grade Celsius sal laat styg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die hittegolf sal veral oor Gauteng, Mpumalanga en Limpopo gevoel word. Die Weerdiens waarsku dat die hittegolftoestande 'n ernstige gevaar vir bykans die hele land inhou van veldbrande wat kan uitbreek. Die publiek word gemaan om uit die son te bly.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags