Uitspraak môre oor versoek dat die gebruik van dagga gewettig word

September 17, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners sal teen môre weet of die gebruik van dagga binne die wet sal geskied. Die konstitusionele hof lewer volgens Netwerk24 môre uitspraak in die saak waarin die eisers versoek dat die gebruik van dagga gewettig word. ’n Volbank regters het in Maart verlede jaar in die hooggeregshof in Kaapstad bevind dat die kriminalisering van daggagebruik, -besit en -kweking in die privaatheid van die huis ongrondwetlik is. Regters Dennis Davis, Vincent Saldanha en Nolwazi Boqwana het bevind dat sekere artikels van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe deur die parlement gewysig moet word. Die saak spruit uit drie eisers wat die hof in Kaapstad versoek het om dagga wettig te verklaar. Die eisers, onder wie Gareth Prince en voorsitter van die Daggaparty, Jeremy Acton, het in 2016 die aansoek by die hof ingedien. Drie mense het intussen in hul private hoedanigheid aansoek gedoen om tussenbeide te tree en ook as partye in die aansoek toegelaat te word. Luidens die hofstukke gebruik dié drie partye, sowel as die eisers, almal dagga vir kulturele en gesondheidskwessies.

FOTO: (iStock)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags