Swahili word deel van skool kurrikulum

September 19, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, sê Swahili sal van 2020 af deel van die kurrikulum in Suid-Afrikaanse skole wees. Leerlinge sal dit as ’n tweede addisionele taal kan neem. Benewens die land se amptelike tale is daar vyftien ander tale, onder meer Frans, Duits en Mandaryns in die nasionale kurrikulum. Volgens Motshekga het Swahili leksikale en linguistiese ooreenkomste met verskeie Afrikatale wat oor die vasteland heen gepraat word. Intussen sê Motshekga haar departement is reg vir die komende matriekeksamen.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags