Minder renosters die afgelope jaar gestroop

September 24, 2018

VAALDRIEHOEK - Die getal renosters wat in die eerste agt maande van die jaar in Suid-Afrika gestroop is, het met 28% afgeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens die Departement van Omgewingsake is 508 renosters tussen Januarie en Augustus vanjaar gestroop, teenoor die 691 verlede jaar. Die afname kom te midde van ‘n sterk toename in stropingsvoorvalle in die Nasionale Krugerwildtuin. Sedert 2017 is 1028 renosters in Suid-Afrika gestroop. Vanjaar alleen is amper 200 verdagtes weens stroping in hegtenis geneem.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags