Emfuleni kort mistens R115 miljoen om pompstasies te herstel

September 26, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit sê dit sal minstens R115 miljoen kos om sy pompstasies herstel wat tans tot die besoedeling in die Vaalrivier bydra. Emfuleni se burgemeester, Jacob Khawe, het volgens die SABC gepraat tydens 'n sitting van die Menseregtekommissie oor die toestand van die plaaslike rivier, wat onder erge besoedeling deurloop. Die kommissie hoor vandeesweek voorleggings aan van talle rolspelers, wat insluit verteenwoordigers van nieregeringsorganisasies en die regering. Volgens Khawe werk slegs 11 van die 44 pompstasies van die munisipaliteit tans. Getuies het tydens die verrigtinge daarop klem gelê dat Emfuleni nie die enigste skuldige party is nie, maar dat talle myne en die metro's van Johannesburg en Ekurhuleni ook vir ‘n gedeelte van die besoedeling verantwoordelik is.
FOTO: (Carte Blanche)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags