Fetus gevind by Vereeniging winkelsentrum

October 3, 2018

VEREENIGING - Paramedici sê ‘n fetus is gisteroggend by ‘n winkelsentrum op Ascot-on Vaal in Vereeniging gevind. ER24 sê in ‘n verklaring hulle paramedici is net voor 12:00 na die toneel nadat ‘n werknemer die liggaam van die baba in ‘n asblik gewaar het. Paramedici het met hulle aankoms die manlike fetus in die asblik aangetref, maar kon ongelukkig niks vir die baba doen nie. Besonderhede rondom die voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags