Tekort aan medisyne vir Kankerpasiënte

October 12, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Kankervereniging, Kansa, sê hy is bekommerd oor die volgehoue tekort aan lewensnoodsaaklike middels in openbare hospitale. Kansa sê hy word oorval met klagtes van pasiënte wat nie hul medisyne vir chroniese gebruik by hospitale ontvang nie, hoewel hulle die saak voortdurend by die hospitaalbestuur aanmeld. 'n Kankerpasiënt het vandeesweek aan SAUK-nuus beskryf dat sy ineengestort het nadat ʼn hospitaal nie haar gereelde chemoterapie aan haar kon voorsien nie. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het bevestig dat die departement landwyd 'n tekort aan medisyne ondervind.
FOTO: (Verskaf )

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags