Student help gesin wat die naweek in Vereeniging deur vloedwater meegesleur is

October 19, 2018

VEREENIGING - Slegs een mens het die naweek tydens swaar reën ingespring om ‘n pa en sy dogter te help toe hulle motor in vloedwater meegesleur is. Ander mense het volgens berigte slegs fotos geneem toe Andile Beju se motor Saterdag in Houtkopweg, Vereeniging, in die stormwater beland het. Beju sê volgens Netwerk24 dat hy en sy 16-jarige dogter Nosipho in die storm op pad huis toe was en hy die motor probeer reguit hou het toe hulle in die water beland. Die stroom was egter baie sterk en het sy motor meegesleur. Beju het geweet hy moes die motor op die een of ander manier tot stilstand kry sodat hulle kon uitklim. Sy dogter het gehuil en geskreeu soos wat water van onder af by die motor ingestroom het. Toe die motor tot stilstand kom, het Beju die linkeragterruit stukkend geslaan, uitgeklim en wou sy dogter toe uit die motor help. ‘n Twintigjarige student van Pretoria, Shaun Boshoff, het opgemerk dat die motor in die water vasgekeer is en toe hulle mense binne opmerk, dadelik deur die water na die motor gebeur. Boshoff sê toe hy die dogter sien het hy haar oor sy skouer gegooi en haar uit die water gedra. Boshoff beskou dit nie as ’n heldedaad nie en sê ’n menslike reaksie het net ingeskop. Boshoff sê hy wonder net hoekom die ander motoriste nie ook gehelp het nie. Beju sê as dit nie vir Boshoff was nie, kon dinge soveel erger gewees het.
FOTOS: (Facebook - SA Long-distance Truckers; Chris Smuts/ Vaalweekblad)

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags