Duisende Solidariteit-lede gaan hofstukke by Sasol se Sandtonkantoor beteken

October 25, 2018

VAALDRIEHOEK - Duisende lede van die Solidariteit Beweging het vandag hofstukke by Sasol se hoofkantoor in Sandton gaan beteken. Groot verkeersopeenhopings word verwag wanneer die protesgangers ’n memorandum by die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) gaan oorhandig en daarna na Sasol se hoofkantoor gaan stap. Die betekening van die hofstukke volg op ’n dispuut tussen Sasol en Solidariteit oor die uitsluiting van wit mense uit die Khanyisa personeelaandeelskema. Solidariteit gaan die Arbeidshof vra om te bevind dat totale uitsluiting van ʼn bepaalde groep werkers op grond van hul ras neerkom op onbillike rassediskriminasie. Volgens bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, het Solidariteit-lede ’n mandaat aan Solidariteit gegee om die aksie teen Sasol te verskerp. Dit het gelei tot die besluit om die optog te hou en hof toe te gaan.
FOTOS: (Solidariteit)

 

 

 

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags