SAPD nooi sekere oudlede om weer aansoek te doen

October 29, 2018

VAALDRIEHOEK - Voormalige polisielede met die rang konstabel, sersant en adjudant-offisier, insluitend Vaaldriehoekers, kan nou aansoek doen om weer in diens te wees by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die SAPD het gister advertensies vir herindiensneming in 2018-’19 in die Sunday Times, Rapport en City Press geplaas. Die voormalige polisielede moet aan verskeie vereistes voldoen om te mag aansoek doen. Dit sluit in dat hulle vlot moet wees in minstens twee van die land se amptelike tale, waarvan die een Engels moet wees; tevore ’n konstabel, sersant of adjudant-offisier in die polisiediens was; minstens ’n gr. 12-sertifikaat en ‘n geldige rybewys het. Lede wat die diens tevore onder sekere omstandighede verlaat het, sal ook nie vir herindiensneming oorweeg word nie. Dit sluit in lede wat aftree-ouderdom bereik het, hetsy of dit vroeë of verpligte aftrede was. Lede wat die diens moes verlaat weens ’n tugondersoek of strafregtelike prosesse, diegene wat skeidingspakkette ontvang het en lede wat die diens meer as tien jaar gelede verlaat het, sal ook nie oorweeg word nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags