Vaaldriehoek ouers het tot vanaand om skoolaansoek-dokumente in te dien

October 31, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Gauteng ouers van volgende jaar se Graad 1 en 8 leerlinge het minder as 24 uur om uitstaande dokumente in te handig om te verseker hul kinders kry plek in hul skool van keuse volgende jaar. Die Gautengse Onderwysdepartement sê leerders wat nie al hulle uitstaande dokumente ingehandig het nie loop die risiko om by beskikbare skole geplaas te word wat nie noodwendig hul skool van keuse is nie. Woordvoerder, Steve Mabona, sê hulle werk sonder ophou om te verseker dat die 16,000 kinders wat nog geplaas moet word, voor die sperdatum van vandag afgehandel word. Hy sê so ver is 225,000 leerders geplaas terwyl enige iemand wat nie vandag se sperdatum haal nie, eers plek in ‘n latere stadium sal kry. Die departement het ouers ook gemaan om die aanbod wat hulle per SMS ontvang of te aanvaar of te verwerp sodra hulle dit ontvang om te verseker dat hulle nie hul plek verloor nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags