Sasolburg CPF sê 55-jarige man word vanuit Vanderbijl vermis

November 1, 2018

SASOLBURG - Die Sasolburg CPF sê ‘n 55-jarige man word vermis nadat hy die laaste keer in Vanderbijlpark gesien is. Die CPF het gister gesê Herbert Vernon Cox weeg ongeveer 65 kg, het groen oë, bruin-grys hare en ‘n blas vel. Hy is ook gedeeltelik verstandelik gestrem. Volgens die CPF is hy die laaste keer by sy huis in CW 6, Vanderbijlpark, gesien. Hy het ‘n bruin hemp, grys kortbroek en plakkies aangehad. Die CPF sê die saak is by die Vanderbijlpark SAPD aangemeld en hulle wag tans vir ‘n saaknommer. Indien enige iemand weet waar Cox mag wees of hom iewers gesien het, kan hulle die Vanderbijlpark SAPD of 079 886 8635 kontak.
FOTO: (Sasolburg CPF)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags