Suikerbelasting samel meer as R1 miljard in; studie nou aangevra

November 2, 2018

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners wat produkte koop waarop hulle suikerbelasting betaal, het reeds meer as R1 miljard vir die regering oorbetaal met hul soettand. Die koeldrankvereniging van Suid-Afrika (BevSA) gaan nou via Nedlac ’n studie van 12 maande aanvra om die impak van die suikerbelasting op die bedryf te ondersoek. Dit kom nadat dit bekend geword het die regering se suikerbelasting, of wat die nasionale tesourie die gesondheidsbevorderingsheffing noem, het sedert dit in April ingestel is reeds meer as R1 miljard ingesamel. Dit is reeds ver meer as wat verwag is. Bestuurshoof vir korporatiewe dienste van BevSA, Mpho Thothela, sê die bedryf besef die heffing is eers vanjaar ingestel en hy sal eers ’n ingeligte siening kan hê nadat data ingesamel is.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags