Transitorooftogte toon ʼn 36 persent daling

November 6, 2018

VAALDRIEHOEK - Die minister van Polisie, Bheki Cele, het vandag aangekondig dat meer as 230 verdagtes sedert April in hegtenis geneem is in verband met transitorooftogte. Cele het by ʼn mediavoorligting in Pretoria onthul dat daar 118 transitorooftogte plaasgevind het in dieselfde tydperk wat ʼn daling verteenwoordig teenoor die 184 wat vir dieselfde sewe maande verlede jaar aangemeld is. Hy sê 92 voertuie, 78 vuurwapens en ʼn aansienlike bedrag geld is herwin. Die meeste inhegtenisnemings is in Gauteng en Noordwes uitgevoer.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags