Verouderde waterstelsel en swak bestuur laat Heidelberg sonder water

November 8, 2018

HEIDELBERG - Inwoners van Heidelberg in die Lesedi-plaaslike munisipaliteit sal waarskynlik vir die volgende twee dae nog sonder water wees nadat die dorp reeds vanaf Sondag sukkel met gebarste waterpype en ʼn lae drukstelsel. Die Vryheidsfront Plus sê inwoners verduur onnodig ongerief omdat die stadsraad oor ʼn lang tydperk nie instandhoudingswerk gedoen het nie. VF Plus-raadslid in die Lesedi-plaaslike munisipaliteit, Mari Boshoff, sê die middedorp en industriële gebied is die swaarste getref. Volgens Boshoff het Lesedi reeds vir die vervanging van waterpype begroot, maar geen kontrakteur is nog aangestel nie. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags