Weermag ontplooi om te help met Vaalrivier besoedelingskrisis

November 9, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Weermag gaan sy deel doen om die besoedelde Vaalrivier in die Vaaldriehoek te help. Hoofdirekteur van koöperatiewe dienste, Genl.maj. T.T. Xundu, sê in reaksie op die Vaalrivier besoedelingskrisis dat rampe wat sulke afmetings aanneem, nasionale veiligheid en politieke stabiliteit bedreig. Xundu het volgens Netwerk24 gister op ’n vergadering van die Golden Triangle Chamber of Commerce gesê lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal op Sondag 18 November in die Vaaldriehoek by die Vaalrivier ontplooi word om die besoedelingskrisis om te draai. Die hoofdirekteur het gesê die SANW het R200 miljoen van die nasionale tesourie daarvoor ontvang. Weermaglede sal onder andere sleutelpunte bewaak en ’n koördinerende rol speel wanneer die 46 pompstasies herstel word.
FOTO: (Carte Blanche)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags