Gesondheidsowerhede skep bewustheid oor diabetes

November 15, 2018

VAALDRIEHOEK - Gesondheidsowerhede doen 'n beroep op die publiek om meer bewus te wees van die simptome, oorsaak en uitwerking van diabetes. Gister was Wêrelddiabetesdag. Die LUR vir gesondheid in die Wes-Kaap, Nomafrench Mbombo, sê gesondheidswerkers wil mense meer bewus maak van die impak wat die siekte op gesinne het. Mbombo sê selfs die kleinste snytjie aan 'n diabeteslyer se vinger of toon kan tot amputasie lei. Sy sê as mense die nodige leefstylveranderings as 'n gesin aanpak, raak dit makliker om die siekte te bestuur.
FOTO: (TimesLive)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags