Petrolprysverligting word vir Desember verwag

November 15, 2018

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek motoriste gaan dalk nie die feesseisoen met Jan-Tuisbly se karretjie hoef te ry indien die oorverhaling op die petrolprys tot Desember volhou nie. Die Outomobiel-vereniging, AA, voorspel volgende maand ‘n reuse-daling in brandstofpryse, gegrond op huidige data. Die AA voorspel ’n daling van R1,54 per liter vir petrol op die eerste Woensdag van Desember, en ’n daling van 92c vir diesel en 85c vir paraffien, op grond van die jongste ongeouditeerde brandstofprysdata wat die Sentrale Energiefonds uitgereik het. Die vernaamste rede is die skerp daling in ruoliepryse. Daar was terselfdertyd ‘n matige verbetering in die Rand/dollar-wisselkoers.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags