Eskom skep stilweg vier ekstra fases vir beurtkrag

November 19, 2018

VAALDRIEHOEK - Pleks van vier fases beurtkrag, sal Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaners nou ook fases 5- tot 8-beurtkrag moet kan trotseer. Eskom het verlede week die vier ekstra fases stilweg bekend gestel. Indien fase 8 realiseer, sal inwoners tot 17 uur per dag sonder krag kan wees. Dit kom nadat sekere Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners gistermiddag sonder krag was toe fase 1-beurtkrag ingestel is. Fin24 berig dat Eskom laatoggend nog geen planne gehad het om vandag beurtkrag in te stel nie. Uitvoerende hoof van Eskom, Phakamani Hadebe, het Vrydag gewaarsku dat beurtkrag Suid-Afrika tussen nou en Kersfees gaan teister. Die skedule vir al die fases kan van Eskom se webtuiste afgelaai word. In fase agt sal inwoners meer gereeld en vir langer op ’n keer sonder krag wees. Die krag bly potensieel vir vier en ’n half uur op ’n slag af bedags en vir ses en ’n half uur ná 20:00.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags